VLU skop die jaar af

Lede neem deur die loop van die jaar aan kompetisies deel en wenners in verskillende kategorieë word, na aanleiding van die hoogste punte, aangedui.

Die Brakpan tak van die Vroue Landbou Unie (VLU) het verlede Dinsdag (13 Februarie)  vergadering gehou, waartydens die jaarlikse prysuitdeling plaasgevind het en ’n nuwe bestuur gekies is.

Vanjaar se wenners, wat trofeë ontvang het, was soos volg:

Ria Coetzee (breiwerk), Dirkina de Klerk (hekelwerk), Alet Neveling (oop afdeling), Bonnie Pieterse (kreatiewe skryfkuns), Lena Smit (gebak en mikrogolf), Sylvia Smith (gebottel en vasgesteld), Delores van Rooyen (naaldwerk, blomme asook fotografie).

Sylvia Smith het die meeste punte aangeteken. Kort op haar hakke was Delores van Rooyen wat die tweede meeste aangeteken het en Ria Coetzee en Susan Potgieter wat gelykop was met die derde meeste punte.

Lees ook: Brakpan VLU kikker kerkgronde op

Die nuwe voorsitter van die Brakpan tak is Elsabé Grobler.

Elsabé Grobler (middel) is die nuwe voorsitter van die Brakpan tak van die Vroue Landbou Unie. Marie Brits (links) is die vise-voorsitter en Delores van Rooyen is die sekretaresse.

Sy sal bygestaan word deur Marie Brits (vise-voorsitter) en Delores van Rooyen (sekretaresse).

Volg ons:

Instagram

Twitter

Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version