Local newsNews
Twee beseer toe staalstruktuur in ou wandellaan val
Die vermoede is dat daar gepoog is om gedeeltes van die struktuur te steel toe dit inmekaar geval het.
Twee mense is vanmiddag beseer toe ‘n staalstruktuur, wat as ‘n groot afdak in die ou wandellaan gedien het, in mekaar gestort het.
Die voorval het ongeveer 4nm plaasgevind.
Die vermoede is dat daar gepoog is om gedeeltes van die struktuur te steel toe dit inmekaar geval het.
Volgens inligting is een persoon met ernstige beserings na die hospitaal vervoer. Die tweede beseerde het mediese hulp geweier en het die toneel verlaat.
Die Herald het verlede week berig oor die agteruitgang van die dorp en veral die wandellaan.
Lees die volledig berig hier.
Councillor bemoans lack of service delivery in the CBD
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.