Anker atlete maak punte bymekaar

Atlete van Hoërskool Die Anker het onlangs aan die Noordheuwel Top 15 byeenkoms, wat in die Universiteit van Johannesburg se stadion gehou is, deelgeneem.

Altesaam 43 skole het aan die byeenkoms deelgeneem en Anker se atlete het nie teleurgestel nie.

Wynand Feyt het ’n tweede plek in die 200m vir seuns o-14 behaal. Hy het ook, saam met Wian van der Merwe, gesorg vir Die Anker se hoogste ABSA punt vir die dag, naamlik 822 in die hoogspring.

Ander atlete wat meer as 750 ABSA-punte verdien het, was:

Nantus Joubert, Tjaart Scheepers, Clarissa Fuhri en Sarah Kiet.

Die skool het ook onlangs aan die jaarlikse intertegniese atletiekbyeenkoms deelgeneem.

Die Anker het gemik om die byeenkoms vir die agtste agtereenvolgende jaar te wen.

“Die dag het baie goed begin vir ons, maar die reën het die laaste sê gehad,” het ’n woordvoerder van die skool gesê.

’n Hewige donderstorm, wat laatmiddag losgebars het, het ’n einde aan die dag se atletiek gebring en teleurgestelde atlete en toeskouers moes huiswaarts keer.

Met die laaste items wat afgehandel is, was Die Anker nog gemaklik voor op punte: Die Anker (345), Springs Boys/Girls High (290), Hans Moore (272) en HTS Springs (44).

Lees ook: Die Anker se akademie is vroeg op dreef

Volg ons:

Instagram

Twitter

Facebook

Exit mobile version