Local newsNews

Hoërskool Stoffberg reageer op vuisslaan-videos

Videos wat die afgelope paar dae wyd op sosiale media versprei is oor ‘n leerder van die Hoërskool Stoffberg, wat in vuisgevegte betrokke is, het groot reaksie uitgelok.

Talle mense het vinger  na die skool gewys, alhoewel geen van die insidente op die skoolterrein of gedurende skoolure plaasgevind het nie.

Die skool het ‘n verklaring uitgereik wat soos volg lees:

Graag reageer Hoërskool Stoffberg op die baklei voorvalle van ‘n leerder in die skool wat op sosiale media verskyn het. Albei voorvalle het na skoolure en nié op die skoolterrein plaasgevind nie.

Nadat die eerste voorval onder ons aandag gebring is, het die skool en die beheerliggaam die leerder vir twee dae uitgesluit van alle skoolaktiwiteite, en is hy per brief ingelig dat hy op Dinsdag, 20 Feb voor die Tugkomitee van die beheerliggaam moet verskyn.

Lees ook: Brakpan skole kan betrokke raak by unieke anti-boelie projek

Na die tweede voorval het die skool en beheerliggaam hom onttrek van die Interhoër atletiekspan wat Vrydag, 16 Feb plaasvind. Hy mag ook geen skoolaktiwiteite bywoon tot ná die uitslag van die tugverhoor nie.

Daar is ook met die skool se berader ‘n afspraak vir hom gemaak om hom by te staan met aggressie-beheer.  Ons gee die versekering dat die saak volgens die departementele voorskrifte hanteer word.

Baie dankie en groot waardering teenoor ons lojale ondersteuners.

Volg ons:

Instagram

Twitter

Facebook

Related Articles

Back to top button