Kolkende watermassa in duikweg veroorsaak weer chaos

Swaar reën, wat gisteraand (7 Februarie) net na 7nm oor die dorp uitgesak het, het veroorsaak dat water gou in die Stoffberg duikweg opgedam het en ten minste twee voertuie beskadig is.

Die ophoping van water in die duikweg is ‘n gereelde verskynsel wanneer swaar reën uitsak. Die water vloei nie vinnig genoeg deur die stormwater dreine weg nie en die duikweg word binne minute gevul met kolkende massas water.

Volgens inligting is niemand beseer nie.

Lede van die Ekurhuleni Metropolisie was tot laat by die duikweg om die situasie te monitor. Die voertuie, wat beskadig is, moes uitgesleep word.

Verlede jaar (ook in Februarie maand) moes die pa van ‘n tweeling (wat toe agt maande oud was) verbete in yskoue water aan sy seuntjies vasgeklou het, toe die voertuig waarin hy en sy gesin gery het, deur vloedwater meegesleur is, en in ‘n kolkende watermassa beland het.

Lees die volledige berig hier: Pa klou verbete vas aan sy tweeling (agt maande) in yskoue water

Die voorval het in die Voortrekkerweg duikweg plaasgevind, ook nadat die dorp deur ‘n hewige storm en swaar reën getref is.

Die kinders kon na veiligheid gebring word en is gehospitaliseer na die traumatiese voorval.

Lees die opvolg berig hier: Tweeling, wat uit water gered is, is tuis

Hewige sterk storm saai verwoesting

Volg ons:

Instagram

Twitter

Facebook

 

Exit mobile version