Ankers skop die atletiekseisoen af

Hoërskool Die Anker het onlangs sy jaarlikse Interhuis atletiekbyeenkoms by die skool gehou.

Drie spanne (blou, goud en wit) het teen mekaar meegeding om te bepaal wie die wenners van die atletiekbeker, sowel as die geesbeker sal wees.

“Vanjaar se byeenkoms is gekenmerk deur massadeelname op die baan en ongelooflike gees op die paviljoen,” het ’n woordvoerder van die skool gesê.

Lees ook: Die Anker se groentjies voel gou tuis

Die geesbeker is vir die tweede agtereenvolgende jaar deur die blou span, onder leiding van Werner Badenhorst, gewen en die goue span het met die atletiekbeker weggestap.

Clarissa Fuhri is aangewys as die Victrix Ludorum met haar besondere prestasies in die 100m en hoogspring (o-14).

Tussen die seuns, het Ruan Nel (o-14) koning gekraai en die titel van Victor Ludorum verower met sy prestasies in die 100m hekkies en hoogspring.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Exit mobile version