CrimeEditor's choiceNews

Pas bekend: Een man vas na moord op Minnebron man

Die arrestasie is uitgevoer deur ‘n gespesialiseerde ondersoek span en die man staar klagtes van moord en gewapende roof in die gesig.

Een verdagte persoon (39) is gisteraand ongeveer 8nm in Etwatwa-Wes in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n 47-jarige kaptein van die SAPD, wat Woensdagmiddag in Minnebron doodgeskiet is.

Kapt Jaco Pretorius, wat verbonde was aan die SAPD in Johannesburg, was saam met twee vroue (die Herald het voorheen berig  dat daar net een vrou teenwoordig was) in ‘n voertuig voor ‘n huis in Davystraat, Minnebron toe die voorval plaasgevind het.

Lees ook: Man sterf in Minnebron nadat rower hom in maag skiet

‘n Wit Volkswagen Polo met drie of vier gewapende insittendes het Pretorius en die vroue genader toe hy geskiet is.

Hy is minute na die voorval na die Life Dalview  Hospitaal gehaas maar gesterf.

‘n Volledige onderhoud met Mariaan van Wyk (44), wat aan Pretorius verloof was en saam met hom was toe die tragiese voorval plaasgevind het, sal binnekort gepubliseer word.

Volg ons:

Instagram

Twitter

Facebook

 

Related Articles

Back to top button