NewsSchools

Vinkies sien uit na eerste skooldag

Honderde graad een leerders gaan Woensdag (môre) vir die eerste keer met die “groot skool” kennis maak en die opgewondenheid vier oral hooggety.

Vier van dié nuwelinge is kinders, wat met die hulp van Via Vinkies, slaggereed gaan wees om die nuwe uitdaging aan te pak.

Jayden Brinklow, Chantell Jordaan, Limari Lubbe en Divan Breytenbach het verlede jaar by die Via Vinkie se afsluiting en gradeplegtigheid geskitter.

Dié vier is toegerus met al hulle skoolbehoeftes en kan nou, met selfvertroue, hulle eerste skoolloopbaantreë gee.

Die Via Vinkie-projek het sewe jaar gelede, onder leiding van Rina Aucamp, en met die hulp van ’n paar lede van Dames Aktueel, tot stand gekom.

“Ons missie bly deurgaans opheffing deur opleiding,” het Esther Rothman van Via Vinkies gesê.

“Die kinders wat ons help, se ouderdomme wissel tussen vier en ses jaar en ons kan jaarliks ongelukkig net ’n beperkte aantal kinders akkommodeer,” het sy bygevoeg.

Lees ook: How to help your child get a great start in school

                    Last minute back-to-school checklist

“Behalwe die skoolgereedheidprogram wat gevolg word, is ons ook dankbaar vir die verteenwoordiger van Monkeynastics wat haar tyd en middele tot ons kleuters se beskikking stel. Sodoende word hulle groot- en klein motoriese vaardighede ook ontwikkel,” het Rothman verduidelik.

“Gelyklopend met die voorskoolse klassies, deur bekwame personeel, met Marietjie Goller aan die hoof, ontvang die ma’s van die kinders ook opheffingsklasse wat verskillende onderwerpe en Bybelstudie insluit.”

Tydens die opheffingsklasse word ’n wye verskeidenheid onderwerpe soos onder andere ouerleiding, gesondheidsorg, noodhulp, hekel-en kreatiewe klasse, gedek.

Die Via Vinkies is ’n nie-winsgewende projek wat op skenkings en donasies staatmaak om die kinders van hulp te voorsien.

Daar word ook gepoog om voedselbydraes bymekaar te maak, wat help om die nood van sommige van die gesinne te verlig.

“Die NH-kerk, Brakpan, stel goedgunstiglik hulle fasiliteite tot ons beskikking, waaroor ons baie dankbaar is,” het Rothman bygevoeg.

Kinders en hul ma’s kom Donderdae vanaf 9vm tot 1nm bymekaar en persone wat graag wil inskakel of meer te wete wil kom kan vir Esther Rothman by 082 775 8497 kontak.

Volg ons:

Instagram

Twitter

Facebook

Related Articles

Back to top button