NewsSchools

Die Anker se matrieks spog met hul uitslae

Hoërskool Die Anker se matrieks van 2017 het vanoggend (Vrydag) na ‘n lang gewag, hul finale eksamen se uitslae by die skool gaan afhaal.

Die Anker spog vanjaar met ‘n 98.03 persent slaagsyfer en is oorgehaal om die wiel, vir 2018, aan die rol te sit. 
Die skool se twee top presteerders is Marleen Grové en Chantelle Viljoen, wat albei vyf onderskeidings behaal het.
Melandrie Boshoff, Bianca Hearn, Alezya Jordaan en Ankia Pepler het elk vier onderskeidings los geskryf en vyf leerders het drie onderskeidings behaal. Hulle is: Aranka Boshoff, Marcel Fernand, Juandré Herselman,
Yolindé Malan en Anneré Maré.
Altesaam 204 leerders het die finale eksamen afgelê, waarvan veertien leerders elk twee onderskeidings behaal het en sewe-en-twintig leerders elk een onderskeiding gekry het.
Vyf en veertig persent van die matrikulante het met universiteitstoelating geslaag.

Lees ook: Hoërskool Die Anker hou prysuitdeling

Leerders met tegniese vakke ontvang nie universiteitstoelating nie, vanweë die feit dat hul eerder ambag kursusse voltooi.
Die hoof van die skool, Johan Snyman, het elke leerder sterkte toegewens vir die pad vorentoe.
“Daar is drie dinge wat ek my leerders leer en ek hoop dat elkeen van hulle dié raad saam met hulle op die pad vorentoe sal neem.”
“Respek, verantwoordelikheid en dissipline sal jou ver in die lewe bring.”
Hy het ook die skool se leuse naamlik “Bly geanker in die geloof” benadruk en die hoop uitgespreek dat die matrikulante dit nie sal vergeet nie.

Chantelle Viljoen was een van die top presteerders met ‘n uitmuntende vyf onderskeidings in Afrikaans, Engels, biologie, lewensoriëntering en rekenaartoepassingstegnologie.

Follow us:

Instagram

Twitter

Facebook

Related Articles

Back to top button