Egpaar se huwelik skitter nog soos ‘n diamant na 60 jaar
'n Egpaar van die dorp het rede gehad om te vier toe hulle Saterdag 60 jaar getroud is.
Thelma Koorts
Baby (78) en Hansie (83) Pretorius van Gladstonelaan het Saterdag hul 60ste huweliksherdenking gevier. Baby is een van nege kinders en ses van hulle het die spesiale mylpaal saam met haar en Hansie gevier. Hulle is agter (van links): Martie Ras, Heila Ras, Lena Bekker, Hester Smit, Hannes Marais en Christa Viljoen. Haar suster Ina Jansen van Vuuren en broer Kobus Marias kon nie die dag se geselligheid bywoon nie.