Editor's noteLocal newsNews

Neem ‘n Kersfoto vir die Herald se voorblad

Die beste foto sal gekies word en op die laaste uitgawe se voorblad pronk.

Die laaste uitgawe van die Herald vir 2017 verskyn op 22 Desember en, soos in die verlede, vra ons weer vir die publiek om vir ons ’n gepaste voorbladfoto te neem.

Die beste foto sal gekies word en op die laaste uitgawe se voorblad pronk.

Dit is belangrik om die volgende in ag te neem wanneer jy jou foto instuur:

  • ’n Foto sal slegs oorweeg word indien dit ’n Kersfeestema het, en daar moet ten minste een persoon in die foto wees.
  • Die foto moet in j-peg formaat wees en nie digitaal gemanipuleerd wees nie.
  • Foto’s moet ook ten minste 1MB groot wees.
  • Foto’s mag nie ouer as twee maande wees nie (dus sal verlede jaar se Kersfeesfoto’s nie werk nie).
    Die volgende inligting moet saam met die foto ingestuur word:
  • Name, vanne en ouderdomme van al die persone in die foto.
  • ’n Kort beskrywing van die foto, insluitend waar en wanneer dit geneem is.
  • Naam, van en kontaknommer van die fotograaf.

Indien enige van hierdie inligting ontbreek sal foto’s nie in ag geneem word nie.

Foto’s kan per e-pos gestuur word na brakpanherald@caxton.co.za, of jy kan die foto by ons kantoor, te Van der Waltweg 61, Dalview, inhandig.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 15 Desember, om 9vm.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

 

Related Articles

Back to top button