Hoërskool Die Anker se jaarlikse prysuitdeling, waartydens leerders erkenning vir harde werk en toewyding deur die jaar ontvang, is onlangs gehou.
Thelma Koorts
Jean-Marie Blignaut ontvang ’n Ankermunt-toekenning aangesien sy vir die derde agtereenvolgende jaar in die SA-Bokkiespan gespeel het. Om ’n Ankermunt te ontvang moet leerders uitsonderlike prestasies op enige gebied naamlik kultuur, sport of leierskap toon.