Jean-Marie Blignaut ontvang ’n Ankermunt-toekenning aangesien sy vir die derde agtereenvolgende jaar in die SA-Bokkiespan gespeel het. Om ’n Ankermunt te ontvang moet leerders uitsonderlike prestasies op enige gebied naamlik kultuur, sport of leierskap toon.
Chané du Plooy is die Kultuurdogter van die jaar. Sy ontvang ook ’n Ankermunt vir die eerste plek wat sy by die Gauteng Redenaarskompetisie verwerf het en waar sy as een van die top 10 redenaars aangewys is.
PJ de Beer is die Sportseun van die jaar.
Ankia Pepler is die Leier van jaar (dogter).
Ankia Pepler is die Anker van die Jaar.
Keegan Venter (links) is Leier van die jaar (seun).
Jaylene Cloete is die Sportdogter van die jaar. Sy ontvang ook ’n Ankermunt vir haar deelname in twee verskillende sportsoorte. Sy het aan die SA Tweekampkampioenskappe deelgeneem en is gekies om SA oorsee by die Wêreldkampioenskappe te gaan verteenwoordig. Sy het ook aan die Suid-Afrikaanse landloopkampioenkappe deelgeneem.
Nicole Gertenbach ontvang ’n Ankermunt nadat sy vir twee jaar agtereenvolgende jare vir die Gauteng netbalspan gekies is.
Alezya Jordaan is die Dux-leerder van die jaar. Die toekenning word aan die graad 12 leerder met die hoogste adademiese prestasie gemaak.
Theunis Coetzee is die Kultuurseun van die jaar.
Brendon Pelser is die Akademiese seun van die jaar.
Nicole Lombard is die Akademiese dogter van die jaar.