Skape keelaf gesny deur diewe

’n 35-Jarige inwoner van Rand Colleries het Sondagoggend ’n skokkende ontdekking gemaak toe hy skape, wat hy op sy plot aanhou, aangetref het met hul kele wat afgesny is.

Die lam wat oorleef het is behandel en is op die herstelpad.

Volgens Marius Smith het hy nege skape op sy plot aangehou. Nadat diewe deur die loop van die nag ’n draad geknip het is hulle vort met vyf groter skape. Vier lammers, wat later

in ’n veld ontdek is, is keel afgesny en net een het dit oorleef. Marius het vertel dat sy eie honde nie alarm gemaak het nie maar dat die bure se honde het wel om ongeveer 2vm te kere gegaan het.

“Een van my werkers het my Sondagoggend vroeg kom inlig dat die skape vermis is,” het Smith gesê. Hy het besef dat daar fout was toe hy opgemerk het dat ’n heining geknip is. By verdere ondersoek het hy die drie dooie lammers en die een beseerde lam aangetref.

“Ons het al voorheen probleme met diefstal ondervind, maar nog nooit in so ’n erge mate nie,” het Smith verduidelik.“Ek glo ook dat die skuldiges vervoer moes gehad het want dit sou nie moontlik gewees het om met vyf skape te voet oor die weg te kom nie.”

Die voorval is by die Brakpan SAPD aangemeld.

Lees ook: Inentingsveldtog vir honde en katte

Hondjie in warm kar toegesluit

‘Ek moes my tande insluk om te kon aanhou asemhaal’ – slagoffer van gewelddadige   aanval vertel

Follow us:

Instagram
Twitter
Facebook

Exit mobile version