Leerders van die skool asook die onderwysers was in swart geklee.
Thelma Koorts
Leerders en onderwysers van Laerskool Die Arend het Maandag ook opgestaan om hulle simpatie teenoor almal in die land wat al slagoffers van geweld was te betoon. Die veldtog is geïnspireer deur Chris Loubser, ‘n plaasbestuurder van Franschhoek wat verlede week op Facebook versoek het dat die mense van die land Maandag, in ’n veldtog teen plaasmoorde, swart moes dra.