Editor's noteLocal newsNews

Kerk is reg vir groot fees

Spesiale voorsiening om kinders vanaf vier tot 12 te vermaak is ook getref.

Beplanning vir die NG-kerk Moedergemeente se 100ste bestaansjaarfeesvieringe is op koers en die publiek kan na ’n propvol naweek uitsien.

Op Vrydag, 3 November tree René Reichert om 6nm by die kerk, wat te Victorialaan 73 geleë is, op. Die toegang is gratis en verversings sal verkoop word.

Spesiale voorsiening om kinders vanaf vier tot 12 te vermaak is ook getref, maar die kinders moet deur hulle ouers vergesel word.

Op Saterdag 4 November word daar vanaf 8vm ’n tradisionele kermis met boeremusiek, pannekoek, vetkoek en maalvleis, pap, kaiings en lewer by die kerk gehou.

Die publiek kan nog stalletjies bespreek deur vir Linda van Heerden by 074 784 2330 te skakel.

Vanaf 7nm sal ’n gratis klassieke konsert gehou word en die publiek word uitgenooi om ’n genotvolle aand met top sangers te beleef.

Die feesvieringe sluit op  Sondag, 5 November met ’n tradisionele erediens en nagmaal, asook ’n optrede deur Ilze Coetzee-Van Staden en Andries Aldrich, af.

’n Boere ete, teen ’n baie billike prys sal om 12.30nm bedien word. Kaartjies hiervoor moet voor of op 30 Oktober gekoop word.

Kontak vir Lisinda de Hoog by 011 740 9259 of stuur ’n e-pos na ngkerkbrakpan@telkomsa.net

Lees ook:

Rower oorval vrou by kerk, skiet daarna bejaarde diaken

Brakpan VLU kikker kerkgronde op

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Back to top button