Die Laerskool Dalview vier 70ste bestaansjaar

Die Platinum Fees het Vrydagmiddag afgeskop en tot Sondag geduur.

Leerders, onderwysers, ouers en vriende van die Laerskool Dalview het die afgelope naweek die skool se 70ste bestaansjaar behoorlik gevier.

Die Platinum Fees het Vrydagmiddag afgeskop en tot Sondag geduur.

Besoekers aan die goed georganiseerde fees het talle hoogtepunte beleef, onder andere optredes deur Helené Bester en Kristi-Kat wat saam met die junior- en senior kore van die skool opgetree het.

Tanya V, Dirk van der Westhuizen en 4Werke het verder vir vermaak uit die boonste rakke gesorg.

Die SAPW (South African Pro Westling) rofstoeiers, wat mekaar in die kryt aangevat het, het ook vir groot opgewondenheid gesorg.

Die verrigtinge is Sondag met ‘n erediens en optrede van Benice Borman afgesluit.

 

Lees ook:

Laerskool Dalview se nuwe hoof neem die leisels oor

Nuwe leerkragte by Laerskool Dalview

Leraars besoek die Laerskool Dalview

Exit mobile version