Editor's noteLocal newsNews

Prettige familie dag vir ‘n goeie doel

Die Brakpan Mines Rolbalklub bied môre ’n pretdag aan ten bate van die Brakpan DBV.

Read the English version here

Die Brakpan Mines Rolbalklub bied môre (Saterdag) ’n pretdag vir oud en jonk aan ten bate van die Brakpan Dierebeskermingsvereniging.

Die fondsinsamelingsprojek is te danke aan die gesamentlike pogings van die DBV, die rolbalklub en sy lede, borgskap van Pet and Pool Pit Stop in Boksburg, asook alle lojale lede van die gemeenskap wat hierdie waardige saak ondersteun.

Daar sal prettige kaalvoet-rolbal vir beginners, asook vir die gesoute boulers, gedurende die dag plaasvind.

“Toe ons gehoor het van die wanhopige toestand waarin die Brakpan DBV tans is, het ons as ‘n klub geweet ons moet iets doen om die vereniging te ondersteun,” het Gary Crouser, ‘n verteenwoordiger van die rolbalklub, gesê.

Vermaak sal deur die loop van die dag plaasvind, onder andere ‘n vertoning deur die EMPD K9-eenheid en musiek. Kinders kan ook hulle ondersteuning wys deur hulle gesigte tydens die feesvieringe te verf.

Kosstalletjies en ’n kontantkroeg sal ook beskikbaar wees.

Feesvieringe sal vanaf 11vm by die Brakpan Mines Rolbalklub, te Loerie Straat, Anzac, plaasvind.

Vir meer inligting, kontak Candice Tanner by die DBV by 011 742 2007 of stuur ‘n e-pos aan Crouser by crouser@conchem.co.za.

Lees ook:

Strike a ‘paws’ with your pet and win

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Back to top button