Editor's choiceLocal newsNews

Wen groot met ons verjaarsdag

Die Herald vier vanjaar 'n belangrike mylpaal en om ons verjaarsdagvieringe af te skop, staan twee lesers ’n kans om elk ’n R1 500 geskenkbewyse, geborg deur Sherwood Pick n Pay, te wen.

Read the English version here

Daar is twee maniere om te wen:

• Raai ons ouderdom

Die Herald het sedert die stigting van die koerant, wat amper ’n eeu gelede is, sonder versuim nuus aan die gemeenskap gelewer.

Hoeveel jaar presies? Wel, jy vertel ons.

Die korrekte antwoord kan jou ‘n R1 500 geskenkbewys in die sak bring.

Om in te skryf, stuur ’n e-pos met jou volle naam, ouderdom, adres, kontaknommer en jou antwoord aan brakpanherald@caxton.co.za

Sluitingsdatum om in te skryf is 26 September om 4nm.

Wenk: Vind uit hoe oud ons is deur die ‘About Us’-afdeling op ons webwerf by www.brakpanherald.co.za te besoek.

• Hou jou oë oop

Daar sal een A3-grootte kennisgewing in die 22 September uitgawe van die Herald geplaas word.

Die kennisgewing, wat met die hand in een koerant geplaas word, sal ’n gelukkige leser in kennis stel dat hy of sy ‘n geskenkbewys van R1 500 gewen het.

Maak seker dat jy die koerant deeglik deurkyk vir die kennisgewing – dit kan nie gemis word nie.

Om jou prys te eis, moet die kennisgewing nie later as 26 September om 4nm by die Herald se kantoor, te Van der Waltstraat 61, ingehandig word nie.

• Algemene reëls

Om te wen, moet jy ‘n inwoner van Brakpan wees en mag nie verwant wees aan enige Caxton-werknemer nie.

Bewyse van adres word vereis.

Wenners moet bereid wees dat ’n foto van hulle geneem word en in die Herald en aanlyn gepubliseer word.

Indien die kennisgewing nie ingehandig word nie, sal die kompetisie vir ‘n ekstra week duur.

Drank en/of sigarette mag nie met die bewyse aangekoop word nie.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button