NewsSchools

Die Anker bied ‘n rugbykliniek aan

Die klinieke is verpligtend vir beurshouers en leerders wat volgende jaar by Hoërskool Die Anker ingeskryf is.

Hoërskool Die Anker nooi alle o-12 en o-13 rugbyspelers uit om hulle voorseisoen vaardighede te ontwikkel en te verbeter by die skool se rugbykliniek wat eersdaags plaasvind.

“Die skool bied vir elke speler die geleentheid om deel van die rugbyklinieke te wees, wat aangebied en gefasiliteer word deur die afrigters van die skool, teen geen koste vir die spelers nie,” het die sportorganiseerder van die skool, Corneel van Dyk gesê.

Al die klinieke vind vanaf 3.30nm tot 4.30nm op die sportgronde van Hoërskool Die Anker plaas en die datums is soos volg:

18 September, 26 September, 9 Oktober.

16 Oktober, 23 Oktober, 30 Oktober, 6 November, 13 November en 27 November.

Die afrigtingsmetodes en fokuspunte by die klinieke sal die volgende insluit: kondisionering, hanteringsvaardighede, skopvaardighede, individuele vaardighede, manupilering van verdeding en die skep van spasie, wedstrydplanne en kontakvaardighede.

Die klinieke is verpligtend vir beurshouers en leerders wat volgende jaar by Hoërskool Die Anker ingeskryf is.

Vir enige navrae skakel vir Corneel van Dyk by 084 893 1283.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button