Editor's noteLocal newsNewsUpdate

Diaken wat geskiet is sterk tuis aan

Weens die skade wat deur die koeël aangerig is, moet Dolf Rats weer oefen om normaal te kan loop.

Dolf Rats, die diaken wat onlangs by sy kerk geskiet is, is Saterdag uit die hospitaal ontslaan en sterk tans by familie in Frankfort aan.

Lees: Rower oorval vrou by kerk, skiet daarna bejaarde diaken

Die 66-jarige man is op 17 Augustus deur ’n rower by die Brakpan-Oos Kerk, wat op die hoek van Boundaryweg en Lappingstraat geleë is, geskiet en van sy voertuig beroof.

Rats is in die maag en hand gewond en het verlede Woensdag ’n operasie in die Life Glynnwood Hospitaal ondergaan om die koeël, wat steeds in sy liggaam was, te verwyder.

“Dit gaan onder omstandighede goed met Dolf,” het Hester Bosch, wat in die kerkkantoor werk en ook tydens die rooftog teenwoordig was, gesê.

Volgens haar kom hy met ’n kruk oor die weg, maar weens die skade wat deur die koeël aangerig is, moet hy weer oefen om normaal te kan loop.

Lees ook:

Huisrowers verniel bejaarde inwoner: Sit op haar en dreig met mes

 

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Related Articles

Back to top button