Wen ‘n wonderlike prys met jou kommentaar

Vanaf dié week kan jou kommentaar op ons Facebook-blad vir jou ‘n wonderlike prys in die sak bring.

Die Herald plaas daagliks nuusskakels op ons Facebook-blad wat ons Facebook aanhangers in staat stel om ons top nuus en ander interessante nuus verwikkelinge aanlyn te lees.

Soos dit met Facebook is, kan ons lesers ook kommentaar oor die nuusberigte in die kommentaarboks onder aan elke skakel, lewer.

Dit is vir ons belangrik om te hoor wat die opinie van ons lesers is en sommige van hierdie kommentaar word ook weekliks in die Herald gepubliseer.

Vanaf dié week, en vir die volgende vier weke, kan jou kommentaar op ons Facebook-blad vir jou ‘n wonderlike prys in die sak bring.

Die Herald gaan elke week een leser, wat kommentaar gelewer het, identifiseer en dié persoon sal ‘n R350 eetbewys van die Lake Restaurant wen.

Die naam van die wenners, van die volgende vier weke, sal in die Herald en op ons webtuiste (www.brakpanherald.co.za) bekend gemaak word.

Dié persone kan hul eetbewyse dan by die Herald se kantoor te Van der Waltstraat 61 kom afhaal en lekker gaan uiteet.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Exit mobile version