Editor's choiceNewsSchools

Arend leerder praat gesogte toekenning los

Tiaan van Eeden (9) het met dié uitmuntende prestasie honderde kinders in sy ouderdomsgroep (grondslagfase) uitgestof.

‘n Graad drie leerder aan Laerskool Die Arend is verlede week as algehele wenner  in die Nasionale finaal van die Afrikaanse Taal en Kultuur Verenging (ATKV) se Redenaarskompetisie aangewys.

Tiaan van Eeden (9) het met dié uitmuntende prestasie honderde kinders in sy ouderdomsgroep (grondslagfase) uitgestof.

In die finaal het 25 redenaars van regoor Suid-Afrika en Namibië sake uitgespook.

Die finaal is by die Goudini Spa in die Wes-Kaap gehou en sy trotse ouers, Dirk (36) en Ellen (34) was daar om die uitsonderlike prestasie met hul talentvolle kind te deel.

Tiaan het verlede jaar ‘n vierde plek in die semi-finaal behaal en dus die finaal misgeloop aangesien slegs die eerste en tweede plekke na die finaal deurdring.

Vanjaar was dit egter sy beurt en met sy voorbereide praatjie, waarvan die onderwerp “Huiswerk is ‘n vlieg in my salf” was, het hy die beoordelaars behoorlik beïndruk.

Die hoof van Laerskool Die Arend, Gideon Lange het Tiaan van Eeden met sy uitsonderlike prestasie gelukgewens.

Ellen vertel dat Tiaan se voorbereiding baie vlot verloop het en dat hy slaggereed was vir die groot oomblik, en dat hy op die dag ‘n foutlose aanbieding gelewer het.

“Die senuwees het die oggend maar bietjie geknaag en die koue weer het nie gehelp nie,” het Ellen vertel.

“Hy vertrou regtig op Liewe Jesus om sy hand vas te hou en het Hom al die eer gegee voor die tyd en na die prysuitdeling,” het Ellen gesê.

Tiaan besluit nog wat hy met die R1000 kontantprys, wat hy ontvang het,  gaan doen.

Redenaars is nie die enigste aktiwiteit waarin die talentvolle jong mannetjie uitblink nie.

Hy stoei ook vir die Brakpan Stoeiklub, speel rugby vir sy skool en doen graag drama.

Sy afrigter, Elize Steenkamp van Artklop is ewe trots op Tiaan se puik prestasie.

Lees ook:

Hierdie twee het nie ‘n bang haar op die kop

Leer ken Gideon Lange

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button