Stoffies se Stoffel word vyf

Die hele skool het saam partytjie gehou en in plaas daarvan dat Stoffel geskenke ontvang het, gaan baie behoeftige kinders in die dorp arms vol speelgoed en klere kry.

Die Hoërskool Stoffberg se gelukbringer, Stoffel, het Vrydag sy vyfde verjaarsdag op ’n baie besondere wyse gevier.

Die hele skool het saam partytjie gehou en in plaas daarvan dat Stoffel geskenke ontvang het, gaan baie behoeftige kinders in die dorp arms vol speelgoed en klere kry.

“Stoffel betree nou sy sesde lewensjaar en hy is nou te oud om met speelgoed te speel,” het die hoof van die skool Koos Boshoff verduidelik.

“Met dié gedagte het ons dit goed gedink om ’n liefdagdigheidsprojek aan te pak waarby die kinders in ons gemeenskap kan baat vind,” het hy bygevoeg.

Leerders van die skool het Vrydag speelgoed en klere na die skool geneem, wat aan sekere kerke en welsynorganisasies van die dorp geskenk sal word.

Stoffel was baie in sy skik met die wavrag goedere wat bymekaar gemaak is.

Elke klas het ook die geleentheid gekry om hul goedere uit te stal en sodoende teen mekaar mee te ding.

’n Wen-klas is in elk graad aangewys. Sommige klasse het geen moeite ontsien nie en Stoffel is oorval met lekkergoed, koek en ballonne.

Lees ook:

Leer Stoffel ken

Groot sukses vir Stoffberg op die veld

Stoffies oefen hard vir revue

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Exit mobile version