Local newsNews

Bekende inwoner sterf na beroerte

Hy het sedert sy kinderdae in Brakpan gewoon en het aan die Hoërskool Stoffberg gematrikuleer.

‘n Bekende inwoner van die dorp, Tewis Groenewald (52), is Sondag oorlede.

Groenewald, wat ‘n  bemarker vir ‘n finansiële instelling was, is oorlede na ‘n beroerte.

Hy het sedert sy kinderdae in Brakpan gewoon en het aan die Hoërskool Stoffberg gematrikuleer.

Groenewald was ‘n diep gelowige persoon wat nou betrokke was by sy kerk.

Hy het dit ook geniet om rustig saam met sy vriende te kuier.

Groenewald laat sy twee seuns Stephan (20) en André (17); sy ma, Johanna Groenewald; skoonma, Magda Potgieter asook broers en susters na.

Sy vrou Retha, is ses jaar gelede in ‘n motorongeluk oorlede.

Die begrafnis vind vandag (Donderdag) vanuit die die AP Kerk, Brakpan plaas.

Related Articles

Back to top button