Gebruik tydelike aanklagkantoor by Brakpan SAPD

Duidelike aanwysings is aangebring sodat die publiek die kantoor sonder ongerief sal kan vind.

Die aanklagkantoor by die Brakpan SAPD word tans opgeknap en na verwagting sal die werk nog ‘n paar dae duur.

‘n Tydelike aanklagkantoor is op die perseel in Gardinerlaan ingerig om steeds die publiek te kan akkommodeer.

Duidelike aanwysings is aangebring sodat die publiek die kantoor sonder ongerief sal kan vind.

‘n Woordvoerder van die Brakpan SAPD het gesê dat senior burgers en gestremde persone by die hoofhek van die polisiestasie kan inry en binne die die stasie kan parkeer, om sodoende maklike toegang tot die tydelike aanklagkantoor te kan kry.

“Die nuwe aanklagkantoor sal ‘n aanwins vir die publiek wees en ons vra dat die inwoners net nog vir so wyle geduld sal hê,” het die woordvoerder gesê.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

 

Exit mobile version