CrimeEditor's choiceNews

Nalatigheid maak jou ‘n teiken

“Ons patrollievoertuie sien daagliks, en ongelukkig ook saans, oop hekke, oop motorhuisdeure en oop voordeure, asook vensters wat wawyd oopstaan.”

Inwoners, wat nalatig is, dra dikwels daartoe by om die lewe vir diewe en inbrekers baie maklik te maak.

Die waarskuwing kom van die Brakpan SAPD, wat gereeld in woonbuurte rondry en die nalatigheid van inwoners opmerk.

“Ons waarsku gereeld die inwoners, maar daar is altyd dié wat te gemaklik raak of dié wat net bloot nalatig is,” het ‘n woordvoerder gesê.

“Ons patrollievoertuie sien daagliks, en ongelukkig ook saans, oop hekke, oop motorhuisdeure en oop voordeure, asook vensters wat wawyd oopstaan.”

“Nie net is dit ‘n aantrekkingskrag vir kriminele nie, dit stel ook die lewens van die huisbewoners in gevaar,” het die woordvoerder gesê.

Die Brakpan SAPD het die volgend wenke gedeel:

• Maak seker dat alle deure en hekke toe en gesluit is wanneer jy die huis verlaat.

• Wanneer mense by die huis is, is dit steeds belangrik om buitehekke toe en gesluit te hou. Waar daar veiligheidshekke is, moet dit gesluit word en vensters, veral waar daar nie diefwering is nie, moet toe bly. Maak ook seker dat niemand ‘n arm by ’n oop venster insteek en ’n deur oopsluit nie.

• Gebruik goeie kwaliteit slotte.

• Bring een of ander blokkering op alle skuifdere aan, aangesien hierdie soort deure min sekuriteit bied. Moenie skuifdeure laat oopstaan nie.

• Sorg dat sekuriteitsligte of buiteligte in ‘n werkende toestand is.

• Sluit alle voertuie wat op die erf staan.

• Moenie dat goed soos fietse, grassnyers en braaiers rondstaan nie. Bêre dit uit die oog uit.

• Trek jou voertuig in die motorhuis indien daar een is.

Lees ook:

Maak seker jou huis is veilig

Motorfietsdiewe slaan weer toe: Drie motorfietse uit motorhuis in Brakpan gesteel

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Back to top button