Editor's choiceLocal newsNews

‘Satan’ amper bokveld toe omdat hy ‘n bok vir sports wou wees

“Die mans was bereid om die bok aan haar te oorhandig, maar teen ‘n prys.”

‘n Miniatuur boerbok wat Dinsdag besluit het om die pad te vat, het so ampertjies in die verkeerde hande beland, maar sy manewales het darem ‘n positiewe nadraai gehad.

Rosa Smith (42), die bok se eienaar, was erg bekommerd toe die nuuskierige dier uit haar erf in Porterlaan geglip het, nadat die hek per abuis deur die tuindienste oopgelaat is.

“Ek het sowat tien minute daarna agter gekom dat ‘Satan’ nie meer in die erf is nie en het gou op ons kameras gekyk of ek kon sien in watter rigting die dier beweeg het.”

“Ek kon hom nie sien nie en het my na Facebook gewend om ons bok te probeer opspoor,” het Rosa vertel.

‘n Vrou in dieselfde straat as Smith het haar kort daarna gebel en gesê dat sy die bok “gered” het van twee mans.

“Gelukkig het die vrou gesien hoe twee mans met Satan in die straat afloop en sy het hulle genader,” het Rosa vertel.

“Die mans was bereid om die bok aan haar te oorhandig, maar teen ‘n prys,” het Rosa vertel.

Die weldoener moes R70 opdok vir Satan.

“Nadat sy my gekontak het, het ek vir Satan gaan haal en die vrou se geld vir haar terug gegee,” het Rosa vertel.

Sy is baie dankbaar dat hulle boerbok, wat volgens haar eintlik ‘n “dorpbok” is, weer veilig by die huis is.

‘Satan’ is eintlik meer van ‘n ‘dorpbok’ as ‘n boerbok.

Die gesin het vir Satan so ses maande gelede aangeskaf en het gou geheg geraak aan die bok.

Rosa vertel dat sy gunsteling bederf-happies Provita beskuitjies is.

“Ek kan skaars voorbly om dit te koop,” skerts sy.

Satan is ook nie altyd ‘n buite-bok nie. Wanneer dit koud of reënerig is, word hy in die huis toegelaat waar hy lekker warm kan slaap.

“Hy skuur altyd teen die hekkie, wat oopgelaat is, en ek glo toe hy dit Dinsdag gedoen het het die hekkie oopgegaan en het hy uitbeweeg waarna die twee mans hulle kans waargeneem het.”

Gelukkig is hy nou weer by die huis en ons dink daaraan om vir hom ‘n wyfie te kry sodat hy nie meer so alleen is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button