Hoërskool leerder in motorfietsongeluk beseer

Die leerder is na die Life Dalview Hospitaal vervoer.

‘n Leerder van Hoërskool Die Anker is vanoggend beseer in ‘n ongeluk wat in Olympiaweg in Brenthurst plaasgevind het.

Volgens inligting het die ongeluk ongeveer 7vm plaasgevind. Die leerder, wat op die motorfiets gery het, is in ‘n stabiele toestand na die Life Dalview Hospitaal vervoer.

Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

 

Exit mobile version