Wen kaartjies vir Die Grotman

Die sluitingsdatum is Vrydag.

Hannes Muller is terug by Carnival City met Die Grotman en vyf lesers kan elk ‘n dubbelkaartjie wen om volgende Vrydagaand (26 Mei) dié uitbundige en grappige Afrikaanse produksie te gaan kyk.

Die Grotman is op 19 en 20 asook 26 en 27 Mei en dan weer op 16, 17, 23 en 24 Junie in Carnival City se Mardi Gras-teater te sien.

Hierdie produksie is nog steeds ‘n skreeusnaakse maar insiggewende komedie, wat die verskille tussen mans en vrouens verduidelik en jou met nuwe oë na jou metgesel sal laat kyk.

Lees meer hier

Dis maklik om in te skryf:

• Stuur ‘n e-pos na brakpanherald@caxton.co.za en noem, in een sin, waarom jy graag die vertoning wil gaan kyk.
• Die sluitingsdatum is Vrydag (19 Mei) om 3nm en die wenners sal telefonies in kennis gestel word. Laat dus ‘n kontaknommer.
• Slegs een inskrywing per persoon.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version