Die Just Wheels Motorklub het Saterdag die bitterkoue weer getrotseer en sowat ‘n ton hondekos aan die Brakpan DBV geskenk.
Thelma Koorts
Die Just Wheels Motorklub het Saterdagoggend sowat ‘n ton hondekos aan die Brakpan Dierebeskermingsvereniging geskenk. Die kos is deur High Pro Dog Food aan die klub voorsien. Op die foto is lede van die klub, wat die bitterkoue weer getrotseer het, om die kos aan die DBV te besorg.