Local newsNews

Atlete kan, kilometer vir kilometer, geld vir Bybels insamel

Die geld wat tydens dié wedlope ingesamel word, sal gebruik word vir ’n verskeindenheid van die Bybelgenootskap se projekte wat, onder meer, daarop gerig is om Bybels aan arm mense beskikbaar te stel.

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika nooi atlete uit om deel te neem aan die “Hardloop vir Bybels”-projek tydens die 2017 Comrades Marathon, wat op 4 Junie plaasvind.

As dié wedloop egter nie in jou visier is nie kan atlete deelneem om by te dra tot die werk van die Bybelgenootskap, deur aan die die Two Oceans-, Loskopdam-, Suikerbosrand- en Nedbank City-marathon deel te neem.

Vriende, familie, gemeentelede of kollegas kan atlete borg vir elke kilometer wat hulle aflê en só word geld vir die Bybelgenootskap dan ingesamel.

Borgvorms word slegs aan atlete beskikbaar gestel ná registrasievorms vir die wedloop deur die Bybelgenootskap ontvang is.

Die geld wat tydens dié wedlope ingesamel word, sal gebruik word vir ’n verskeindenheid van die Bybelgenootskap se projekte wat, onder meer, daarop gerig is om Bybels aan arm mense beskikbaar te stel.

Vir meer inligting, kontak Marina Stebbing by 011 970 4010 of per e-pos stebbing@biblesociety.co.za.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button