Vals inligting sal jou in die sop laat beland

In die een voorval is ‘n huisroof aangemeld en in die ander voorval is ‘n motorkaping aangemeld.

Die Brakpan SAPD het ‘n waarskuwing uitgereik aan mense wat foutiewe inligting verskaf en vals verklarings aflê.

Dit volg nadat twee mense die afgelope week van meineed aangekla is weens vals inligting wat verskaf is.

In die een voorval is ‘n huisroof aangemeld en in die ander voorval is ‘n motorkaping aangemeld.

Beide die voorvalle is deeglik ondersoek en dit het gebleik dat die klaers die waarheid verdraai het.

Die Brakpan SAPD het gesê dat alle inligting baie deeglik nagegaan word.

“Ooggetuies word ondervra en ons kan maklik vasstel of die klaers vorige oortredings of uitstaande lasbriewe teen hulle het,” het ‘n woordvoerder van die Brakpan SAPD gesê.

“Ons sal nie huiwer om mense wat vals verklarings aflê van meineed aan te kla nie.”

Lees ook:

Perjury can land you in jail

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Exit mobile version