CrimeNews

KYK: Rowers volg jong man van bank en vat groot bedrag kontant

‘n 20-Jarige man is gisteroggend (Dinsdag) van ‘n groot bedrag kontant beroof, pas nadat hy die geld by ‘n bank in die Mall@Carnival onttrek het.

Jonathan Bam het dadelik, nadat hy die geld getrek het, terug gery na sy werkplek in Hoylaan.

Toe hy voor die besigheid stil hou het ‘n BMW X5 reg langs hom stilgehou.

Twee gewapende mans het dadelik uitgespring en die deur van Bam se bakkie oopgepluk.

“Een van die rowers het ‘n vuurwapen teen my kop gedruk en die ander een het sy wapen teen my maag gedruk,” het Bam vertel.

“Hulle het gevra waar die geld is en het self die geld uit my broeksak gehaal. Hulle het ook my hemp opgelig, waarskynlik om te sien of ek ‘n vuurwapen aan my gehad het.”

Bam sê hy kon hoor hoe die bestuurder van die BMW vir sy twee makkers geskreeu het “lets go”.

“Een van die mans het toe my hoed van my kop af gepluk voordat hulle in die BMW gespring, en weggery het,” het Bam gesê.

Hy is nie beseer nie en die voorval is by die SAPD aangemeld.

Die hele insident is op sekuriteitskameras van die besigheid vasgevang.

Lees ook: Rowers sê hul sal baba vat

Rowers volg en beroof man na hy geld by bank trek

Rowers gooi man in oop graf

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

 

Related Articles

Back to top button