Editor's choiceLocal newsNews

Brakpan Helpende Hand reik uit

Solidariteit Helpende Hand is ’n nasionale organisasie sonder winsbejag en fokus op die voorkoming, verbreking en verligting van armoede.

Solidariteit Helpende Hand het twee jaar gelede ‘n tak in Brakpan gestig, met die doel om hulp te verleen aan diegene wat swaarkry in die Brakpan omgewing.

“Vele donasies en skenkings vanaf besighede en individue het sedertdien gewys dat Brakpan ‘n oop hand het vir die nood in sy gemeenskap,” het Esmé Strauss, wat aan die stuur van sake by die Brakpan tak is, gesê.

“Helpende Hand se fokus lê by die verligting, verbreking en veral die voorkoming van armoede.”

“Aktiewe bydraes is onder andere gemaak aan laerskole ten bate van die alombekende ‘Skooltassie Projek’ vir behoeftige graad een leerders,” het Strauss bygevoeg.

“Die tak het onlangs ook ’n positiewe hupstoot gekry met Stefanie Ueckermann, ‘n plaaslike DA raadslid wat aangebied het om hande te vat met Helpende Hand.

“Saam gaan ons gemeenskapsprojekte inisieer ten bate van skole, ouetehuise en sorgsentrums.”

Volgens haar, beoog die Helpende Hand Brakpan tak om binne die volgende paar maande ’n daadwerklike verskil te maak in die area.

“Ons is ook tans op soek na vrywilligers om ons tak verder te versterk.”

Mense wat ’n passie vir so iets het, kan Strauss kontak by 084 225 9100 of e-pos stuur na esmestrauss68@gmail.com.

Solidariteit Helpende Hand is ’n nasionale organisasie sonder winsbejag en fokus op die voorkoming, verbreking en verligting van armoede.

Related Articles

Back to top button