Die Laerskool Dalview is 70 jaar oud

Om hierdie geskiedkundige geleentheid te vier, beplan die skool vanjaar verskeie feestelike funksies om die skool se 70ste bestaansjaar te vier.

Op 14 Oktober 1947 het ‘n groep onderwysers by die Laerskool Dalview met toewyding die taak van onderrig en opvoeding van kinders begin en het die skool sy ontstaan gehad.

Sedertdien is talle geslagte se grondslag vir die toekoms by die skool gelê.

Om hierdie geskiedkundige geleentheid te vier, beplan die skool vanjaar verskeie feestelike funksies om die skool se 70ste bestaansjaar te vier.

Oud-leerders, voormalige onderwysers en administratiewe personeel word versoek om met die skool in verbinding te tree vir meer inligting.

Die alternatief is om in te skakel by die WhatsApp groep bekend as “Laerskool Dalview 70’ers”.

Die selfoonnommer vir die groep is 082 056 9686.

Belangstellendes kan ook sms’e, met hul besonderhede na die nommer stuur, waarna daar met hulle kontak gemaak sal word rakende inligting oor komende funksies.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Exit mobile version