Editor's choiceLocal newsNews

Motorskou gaan weer beïndruk

Skougangers kan jaarliks tussen ‘n groot verskeidenheid klassieke-, veteraan- en nuwe voertuie beweeg en ook bakkies, motorfietse, trekkers en sportmotors besigtig.

Die jaarlikse Geotab Just Wheels Motorskou vind vanjaar op 27 Mei, op die gronde van Muriel Brand Skool, in Brenthurst, plaas.

Daar word reeds hard agter die skerms gewerk om weer ‘n skou van top gehalte aan die publiek te bring.

Die skou het sedert sy ontstaan geweldig gegroei en verlede jaar was daar honderde motors te sien.

Skougangers kan jaarliks tussen ‘n groot verskeidenheid klassieke-, veteraan- en nuwe voertuie beweeg en ook bakkies, motorfietse, trekkers en sportmotors besigtig.

‘n Hoogtepunt, elke jaar, is die ossewa waarop die publiek kan ry.

Die versekering is gegee dat dié indrukwekkende span osse en wa weer vanjaar deel van die skou sal wees.

Die organiseerder van die skou, Bart Zaayman, het gesê dat die publiek solank hul vere kan regskud vir ‘n skou uit die boonste rakke.

“Ons beplanning is goed op dreef en ons hoop om vanjaar ‘n rekord getal motors en mense op die skou te hê,” het Zaayman gesê.

Die Just Wheels Motorklub het Sondag (26 Maart) ‘n opedag by die klub se klubhuis, wat te 169 Kitzingerlaan geleë is. Almal is welkom. Die publiek kan lekker saam met klublede ontspan en ook ‘n verskeidenheid eetgoed, wat te koop sal wees, geniet. Daar sal ook ‘n vlooimark wees.

Kinders kan swemklere en handdoeke saam neem aangesien daar talle pret aktiwiteite vir die jonger geslag sal wees.

Die opedag sal om 9vm afskop.

Persone wat meer inligting verlang, kan vir Bart Zaayman kontak by 083 390 8589.

Kyk hier na foto’s van verlede jaar se skou:

Die Geotab Just Wheels Motorskou 2016 (1)

Die Geotab Just Wheels Motorskou 2016 (2)

Die Geotab Just Wheels Motorskou 2016 (3)

Die Geotab Just Wheels Motorskou 2016 (4)

Die Geotab Just Wheels Motorskou 2016 (5)

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Back to top button