CrimeEditor's choiceNews

Bejaardes hartseer na hond vergiftig is

“Ons hondjies het hulle natuurlik gepla en dit is waarom hulle gif gebruik het om hulle stil te maak."

‘n Bejaarde egpaar van die dorp is baie hartseer nadat hul hond Sondag in die vroeë oggendure vergiftig is.

Izak (71)  en Maria (71) Pelser van Gerrit Maritzlaan, Dalview het die foksterriër sowat sewe jaar gehad en die hondjie was soos ‘n kind in die huis. Die egpaar het nog ‘n foksterriër wat gelukkig nie van die gif ingekry het nie.

Izak het vertel dat beide die honde Saterdagnag baie onrustig was en dat hy op ‘n stadium na buite gegaan het om ondersoek in te stel.

“Ek kon niks sien nie en het maar weer gaan slaap,” het Izak vertel.

Maria het Sondagoggend, nadat sy die deur oopgesluit het, gesien dat die een foksterriër vergiftig is.

“Die hondjie was reeds dood en ons kon niks doen nie.”

Volgens Izak het die kwaaddoeners by bure se huis probeer inbreek. ‘n Groot glasvenster is gebreek en die diefwering was oopgebuig.

“Ons hondjies het hulle natuurlik gepla en dit is waarom hulle gif gebruik het om hulle stil te maak,” het Izak gesê.

Die booswigte het die gif in stukkies wors geplaas en in die erf gegooi.

Die voorval is by die SAPD aangemeld.

Lees ook:

Jong kinders histeries toe vergifte hond in huis sterf

Honde se dood is erg

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button