VLU lede se handewerk is indrukwekkend

Die Brakpan tak van die Vroue Landbou-unie (VLU) het die nuwe jaar volstoom aangepak en tydens die Februariemaand vergadering, wat verlede Dinsdag plaasgevind het, ook prysuitdeling gehou.

Lede van die VLU neem gedurende die loop van die jaar aan ‘n verskeidenheid kompetisies deel en verdien punte in die verskillende kategorieë

Aan die begin van elke jaar word die uitblinkers beloon vir die spogwerk wat hulle gelewer het.

Die vroue wat vanjaar trofeë ontvang het is:

Sjaan Buchel (naaldwerk en vasgesteld), Ria Coetzee (mikrogolf en ope afdeling), Elsabe Grobler (kreatiewe skryfkuns), Lena Smit (gebak), Myra Smit (breiwerk), Isobel van Eeden (gebottel), Delores van Rooyen (blomme en hekelwerk) en Susan Potgieter (fotografie).

Susan het ook die trofee vir die hoogste puntetelling ontvang. Ria Coetzee was die lid wat die tweed meeste punte behaal het en Sjaan Buchel het die derde meeste punte bymekaar gemaak.

Die Brakpan tak van die VLU vergader elke tweede Dinsdag van die maand en wil graag van vroue hoor wat wil aansluit.

Die gesellige vergaderings vind om 10vm in die saal van die NH Kerk, te Dirk van der Hoffweg, plaas.

Deur die loop van die jaar word praatjies en demonstrasies deur kundige persone aangebied.

Lede kan ook aan kompetisies, wat oor die jaar strek, deelneem. Dit is egter glad nie verpligtend nie.

Vroue van enige ouderdom is baie welkom om aan te sluit.

Exit mobile version