Editor's noteLocal newsNewsUpdate

Baba op herstelpad na hy in as val

Cuyres Dearney het tweede graadse brandwonde aan sy regterarm en -been opgedoen.

Dit gaan beter met die 11-maande-oue baba wat verlede Sondag ernstige brandwonde opgedoen het toe hy in ‘n gat smeulende as by die Brakpan Dam geval het.

Die Herald het verlede week op die webtuiste oor die voorval berig (Baba brand erg toe hy in smeulende as val).

Cuyres Dearney het tweede graadse brandwonde aan sy regterarm en -been opgedoen.

Sy ouers, Bianca (24) en Duane (27), het verlede Sondagmiddag net na 12 middag by die Jan Smutspark aangekom, om saam met Cuyres en hul twee ander kinders, Calib (5) en Joshua (3), te ontspan.

Cuyres wat onlangs begin loop het, het van die kombers, waarop hy gesit het, beweeg en in die gat smeulende as geval.

Lees meer hier

 

Die egpaar, wat nie oor ‘n mediese fonds beskik nie, het met Cuyres na die Verre Oosrand Hospitaal gejaag, waar hy vir sy wonde behandel is.

Bianca het Dinsdag gesê dat die wonde aan Cuyres se been mooi genees maar dat die wonde aan sy arm en hand hom nog steeds pyn besorg.

Lees ook:

Tweeling, wat uit water gered is, is tuis

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button