Tweeling, wat uit water gered is, is tuis

Die agt-maande oue tweeling, wat verlede Maandag deur hul dapper pa gered is, is Sondag uit die hospitaal ontslaan.

Die Herald het verlede week berig oor die Bekker-gesin se noue ontkoming toe hul voertuig verlede Maandagaand in ‘n massa kolkende water in die Voortrekkerweg duikweg beland het (Dapper pa red sy kinders).

Lees die oorspronklike berig hier

Jeff Bekker (32) kon daarin slaag om die venster aan sy kant af te draai en kon daardeur uit die voertuig kom.

Hy moes vir sowat ‘n half uur vir lewe en dood aan sy tweeling, Liam en Caleb, klou en hul koppies bo die water hou.

Caleb Bekker, op sy ma, Erika, se skoot, terwyl die kleintjies nog in die hospitaal aangesterk het.

Sy vrou, Erika, was aanvanklik vasgekeer in hul voertuig maar kon daarin slaag om ook uit te kom.

Die babas het, na die voorval, in die Life Dalview Hospitaal aangesterk totdat hulle Sondag ontslaan is.

Lees ook: 

Baba brand erg toe hy in smeulende as val

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version