Editor's noteLocal newsNews

So kan jy môre in die dorp hulde aan Joost van der Westhuizen bring

Daar sal ondermeer 45 wit duiwe losgelaat word, om die ouderdom waarop die legende oorlede is, te simboliseer.

Alhoewel daar môre (Vrydag) ‘n openbare troosdiens vir die rugbyheld Joost van der Westhuizen, in Pretoria sal wees, sal Brakpanners op hul eie manier kan afskeid neem.

Die publiek word uitgenooi na ‘n geleentheid by die Bosman Stadion waar aanhangers en die publiek ‘n kans sal kry om hul laaste eer te betoon.

Die publiek kan vanaf 12middag begin bymekaar kom. Daar sal ondermeer 45 wit duiwe losgelaat word, om die ouderdom waarop die legende oorlede is, te simboliseer.

Persone wat die geleentheid wil bywoon word versoek om ‘n Springbok- of Blou Bulrugbytrui te dra.

Die amptelike troosdiens word om 12.30nm op Loftus Versfeld in Pretoria gehou.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button