Derde lyk van vrou in veld gevind

Die liggaam van ‘n vrou wat Dinsdagmiddag in ‘n veld gevind is, is die derde voorval wat sedert Oktober in die dorp voorgekom het.

Die lyk van ‘n 55-jarige vrou is ongeveer 2nm in ‘n oop veld, naby die Mkhankwa Plakkerskamp, ontdek.

Die gemeenskap het ‘n soektog na die vrou van stapel gestuur, nadat sy as vermis aangemeld is.

Kapt Pearl van Staad, woorvoerder van die Brakpan SAPD, het gesê dat die vrou op haar maag gelê het en die liggaam gedeeltelik ontbind was.

Die ontdekking van die liggaam volg net ‘n paar dae nadat die gedeeltelik ontbinde liggaam van Colleen Kinnear (44) op 17 Januarie  in ‘n veld, op die hoek van Germainslaan en Highstraat, gevind is.

Die gedeeltelik ontbinde liggaam van Colleen Kinnear (44) op 17 Januarie in ‘n veld gevind.

Lees meer hier 

Die eerste soortgelyke voorval is op 28 Oktober, verlede jaar, aangemeld toe die lyk van Isabel Venter (50) op ‘n sypaadjie in Derbylaan gevind is.

Isabel Venter (50) se lewelose liggaam is verlede jaar op ‘n sypaadjie in Derbylaan gevind.

Sy was met kledingstukke vasgebind en sy het op haar maag gelê.

Venter,  wat in Brakpan gewoon het, is vroeg die oggend deur ’n verbyganger raakgesien. Haar Pekingese hond het op haar lyk gesit, totdat dit verwyder is.

Lees meer hier

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Exit mobile version