CrimeNews

Vrou kan nie meer bak na diewe haar oonde gaps

Benewens die oonde wat gesteel is, is daar ook gereedskap, bokse met klere en dokumente gevat.

‘n 54-Jarige vrou van die dorp, wat koekies bak om haar inkomste aan te vul, sit nou met haar hand in die hare aangesien beide haar oonde gesteel is.

Ria van Deventer en haar gesin was besig om uit hul huis in Wendenlaan te trek na ‘n huis in Minnebron toe die stoof-diewe toegeslaan het.

“Ons was in die proses om ons huisware te verskuif en verlede Donderdagaand was daar nog ‘n paar dinge in ons huis, onder andere my staatmaker vierplaat stoof en ‘n losstaande oond,” het Ria vertel.

“Toe ek Vrydagoggend by die huis aankom het ek eers gesukkel om die veiligheidshek oop te kry. Ek het toé gesien dat die hek oopgebreek is,” het sy bygevoeg.

Benewens die oonde wat gesteel is, is daar ook gereedskap, bokse met klere en dokumente gevat.

“Mense bel my om koekies te bestel en ek kan nou nie bak nie,” het Ria gesê.

Lees ook: 

Wees op die uitkyk: Motorfietsdiewe is bedrywig 

Two car trailers stolen in Brakpan North on same night

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

 

Related Articles

Back to top button