Wees op die uitkyk: Motorfietsdiewe is bedrywig

Motorfietsdiewe het die week by twee huise in Taftlaan toegeslaan en motorfietse, wat uit die oog geparkeer was, gesteel.

Seun Pienaar (36)  van 106 Taftlaan se Buell 900 motorfiets is gisteraand (Donderdag) of vanoggend (Vrydag) in die vroeë oggendure gesteel.

“My motorfiets was in my motorhuis voor my vrou se voertuig geparkeer en die diewe moes by drie hekke verbykom,” het Pienaar gesê.

Hy het ook bygevoeg dat dit vreemd was dat sy honde nie geblaf het nie.

Enigiemand met inligting kan hom kontak by  078 259 6438 of die SAPD by 011 744 4940.

Jannie de Jager (32) se Suzuki 400 Cruiser is Woensdagoggend om ongeveer 2vm uit ‘n erf te 112 Taftlaan gesteel.

Die Suzuki 400 Cruiser is vanuit ‘n erf te 112 Taftlaan gesteel.

“Ons het wakker geword van die honde wat blaf en toe ons gaan ondersoek instel het, was die fiets reeds weg,” het Lizette de Jager, Jannie se ma gesê.

Sy het bygevoeg dat hulle dadelik in die omgewing gaan rondry het, maar dat daar geen teken van die motorfiets of die diewe was nie.

Die motorfiets was ook uit die oog geparkeer.

Enigiemand met inligting kan vir Lizette de Jager kontak by 083 965  7169 of die Brakpan SAPD by 011 744 4940.

Lees ook: 

Daily crime watch 

Two car trailers stolen in Brakpan North on same night

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Exit mobile version