Lyk in veld is uitgeken: Vrou het saam seun in Brenthurst gewoon

Die saak word steeds ondersoek.

Die vrou wie se liggaam verlede Dinsdagmiddag in ‘n oorgroeide veld in Brakpan-sentraal ontdek is, is uitgeken.

Lees die oorspronklike berig hier 

Colleen Kinnear (44) se gedeeltelik ontbinde liggaam is in ‘n veld, op die hoek van Germainslaan en Highstraat, gevind.

Volgens Kinnear se suster, Kim Laubscher, het sy sowat drie maande in Brakpan gewoon.

“My suster het by haar seun Nico Kinnear (23) in Brenthurst gebly,” het Laubscher gesê.

Volgens inligting van die polisie kon die presiese oorsaak van die vrou se dood nie bepaal word nie, as gevolg van die gevorderde stadium van ontbinding.

Die saak word steeds ondersoek.

Lees ook: 

Body found in Withok 

Opvolg: Lyk op sypaadjie

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Exit mobile version