Local newsNews

Skoliere wys hul talent Sondag op kykNET NOU

Altesaam 12 jong inwoners van die dorp, waarvan sewe leerders van die Laerskool Môrewag is, het deurgedring na kykNET NOU se landswye kompetisie, Uitblinkers.

Altesaam 12 jong inwoners van die dorp, waarvan sewe leerders van  die Laerskool Môrewag is, het deurgedring na kykNET NOU se landswye kompetisie, Uitblinkers.

Uitblinkers is ‘n Gospelkompetisie wat fokus op die talente van hoër- sowel as laerskoolleerders.

Die kompetisie word Sondae uitgesaai vanaf 4nm op kykNET NOU, DSTV kanaal 146.

Verskeie leerders van Brakpan se skole het die geleentheid aangegryp en gaan ook nou met hul talente spog.

Elf leerders van twee laerskole en twee hoërskole in Brakpan het deurgedring om aan die kompetisie deel te neem.

Daar is ook ‘n jong inwoner van die dorp,  wat tans aan  die Hoërskool Dr EG Jansen skoolgaan, wat ook aan die kompetisie gaan deelneem.

Die program is Sondag (22 Januarie) om 4nm te sien.

Die lys van leerders wat deurgedring het, is:

Laerskool leerders:

  • Juandre Stander, Laerskool Môrewag (graad vier).
  • Danicka Pretorius, Laerskool Môrewag (graad vier).
  • Charne du Preez,  Laerskool Môrewag (graad vyf).
  • Amore de Villiers, Laerskool Dalview (graad vyf).
  • Jade Bibbey, Laerskool Môrewag (graad ses).
  • Georgia Venter, Laerskool Môrewag (graad ses).
  • Chanell Brits, Laerskool Môrewag (graad sewe).
  • Juan-Marie Pretorius, Laerskool Môrewag (graad sewe).

Hoërskool leerders:

  • Zelandrie de Villiers, Hoërskool Stoffberg  (graad nege).
  • Mauritz Lottering, Hoërskool Dr EG Jansen (graad 10).
  • Leanka Human, Hoërskool Die Anker (graad 11).
  • Braam Rieger, Hoërskool Stoffberg (graad 12).

Related Articles

Back to top button