CrimeEditor's noteNews

Ondersoek na moorde duur voort

Die skuldiges in drie afsonderlike moorde, wat verlede jaar in die dorp gepleeg is, is nog steeds op vrye voet.

• Adj-off Morné Reynecke is op 18 Maart 2016 in die hospitaal oorlede slegs ure nadat rowers op hom geskiet het.

Lees: Polisieman se moordenaars steeds gesoek

Inligting wat destyds bekend gemaak is, het daarop gedui dat daar op dié middag ‘n BMW in Athlonelaan gekaap is.

Adj-off Reynecke het na bewering gesien hoe die gekaapte voertuig, asook die rowers se wegkom-voertuig, roekeloos of nalatig bestuur word.

Die rowers het op die R554 losgebrand en vir Reynecke in die bors en linkerarm getref, waarna hulle (daar was glo drie) op die vlug geslaan het.

Hy het later die aand in die hospitaal gesterf, nadat sy vrou en kinders die geleentheid gekry het om hom te sien.

• Die moord op ‘n 48-jarige man, wat die oggend van 5 September 2016 voor ‘n huis in Dalpark Ses plaasgevind het, is ook nog steeds ‘n raaisel.

Lees: Man shot and killed on the day of his release from prison

Die slagoffer, wat op dié dag op parool vrygelaat is, het in ‘n voertuig voor ‘n huis in Silverbushstraat vir iemand gesit en wag.

Verskeie skote is op die voertuig geskiet en die man is op die toneel oorlede. ‘n Uitgebrande voertuig, wat vermoedelik dié van die aanvallers was, is kort daarna op die hoek van Plumbago- en Bottlebrushstrate ontdek.

• Inwoners was op 28 Oktober 2016 geskok toe die naakte liggaam van ‘n vrou vroeg die oggend deur ‘n verbyganger op ‘n sypaadjie in Derbylaan gevind is.

Die vrou, uitgeken as Isabel Venter (50), is ‘n inwoner van die dorp.

Haar moord het veral opslae gemaak omdat haar Pekingese hond op haar lyk gesit het, totdat dit verwyder is. Sy was ook met haar eie kledingstukke vasgebind.

Lees: Lyk op sypaadjie – dit is wat met die hondjie gebeur het

‘n Woordvoerder van die Brakpan SAPD het bevestig dat geen arrestasies in enige van die sake gemaak is nie en dat al drie die sake steeds ondersoek word.

Lees ook: 

Gedeeltelik ontbinde lyk van vrou gevind

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Related Articles

Back to top button