Die atletiekbaan van Laerskool Die Arend het Maandagaand gewemel van die skool se graad een leerders, wat in verskillende spanne teen mekaar meegeding het.
Die twee vinnige tiere is Juvan Rossouw (links) en Juanco Venter.
Opgewonde ouers het die kleintjies luidkeels aangespoor en ten spyte van die ysige wind wat gewaai het, het almal die byeenkoms geniet.