Editor's noteLocal newsNews

Wees op die uitkyk: Epilepsie lyer se gidshondjie is vermis

“Pippie is opgelei om aan te voel wanneer ek ‘n aanval gaan kry en sy waarsku my vroegtydig daarteen. Sy kan ook met haar poot ‘n alarmknoppie druk indien daar ‘n noodsituasie ontstaan."

‘n 46-Jarige vrou, wie se worshondjie as ‘n gidshond vir haar dien, is hartgebroke nadat die brakkie gistermiddag (Dinsdag) vermis geraak het.

Elma Venter ly vir die afgelope 20 jaar aan epilepsie en die hond, wat sy  al vier jaar het, is spesiaal opgelei om haar met dié toestand te help.

“Pippie is opgelei om aan te voel wanneer ek ‘n aanval gaan kry en sy waarsku my vroegtydig daarteen. Sy kan ook met haar poot ‘n alarmknoppie druk indien daar ‘n noodsituasie ontstaan,” het ‘n baie hartseer Venter gesê.

“Sy het nie ‘n naamplaatjie of bandjie aan nie, juis omdat ek bang was dat die bandjie aan iets sou haak wanneer ek nie by die huis sou wees nie,” het Venter gesê.

Pippie is  ‘n langhaar worshondjie wat swart en ligbruin van kleur is.

Opvolg: Epilepsie lyer se gidshondjie is gevind

Related Articles

Back to top button